Hartskamer

Est 2020

Voorwoord

 

My droom is om ‘n veelsydige landskap te skep, waarin ons ons hartskamers vir ander sal oopmaak om op ‘n skattejag te gaan en weer saam met mekaar die kleinode te ontdek, waarvan ons dalk al van vergeet het. Om dit wat ons na aan die hart lê, te herontdek en te koester. Ek wil julle almal op ‘n reis neem om weer ‘n sonsopkoms op die pad buite Fouriesburg te beleef, of op ‘n stoomtreinrit na gister te neem en ‘n kersie in die namiddag te pluk of ‘n stoepkuier te ervaar in die sandsteenhuise van die Oos-Vrystaat, of enige begeerlike plek elders, wat jou hartsnare roer. Landswyd gaan ons die paadjies om jou hartskamer ontdek, oopvlek en betree.

Ek wil jou bekend stel aan die tuisvervaardige produkte van “My Hartsmense” – op plase vanaf die Weskus tot in die hartjie van die Vrystaat, na die golwende heuwels van KwaZulu-Natal en tot in die bebosde noordelike Limpopo-koppies.

Ek wil die reuk van ‘n egte Karoolam van die plaas op jou bord sit. Ek wil ons boere in jou kombuis innooi, ek wil hulle voor die kaggel aan die praat sit met stories van hoop, lag, hartseer, heimweë en deernis.

Ek wil hê dat wanneer jy aan ‘n boer dink, dan moet die sanger en liedjieskrywer Adam Tas se liedjie in jou hart speel:

“En die Here het neergekyk op Sy Skepping en besef dat Hy iemand sal moet maak wat kan omsien na die aarde …

‘n Gewone man sou nie doen nie …

Toe maak ons Vader ‘n Boer.”

Hier kan jy wegraak in jou eie tyd, en deur elke kamer loop en koop wat jou hart begeer en weer ‘n stukkie van ons mooi erfenis beleef – sodoende maak ons seker dit word aan ons kinders se kleinkinders oorgedra.

Strauss Odendaal

Stigter

‘Never start a business just to “make money”.

Start a business to make a difference.’ – Marie Forleo

My Hartskamer

Hier op my stoep in Fouriesburg sit ek en kyk
na die son wat oor die Maluti-bergreeks opkom
en ek wonder hoe ek ‘n verskil gaan maak en ‘n bydrae kan lewer
tot die mooi erfenis van ons gemeenskap.

“Hartskamer”.

Wanneer ek dit saggies prewel,
dan dink ek onwillekeurig aan NJ Robbertse se gedig:
“My Hartskamer”.

Dag na dag word my mure hoër gebou;
of so sê hulle – dit gebeur byna onbewustelik vir my.
Soms voel ek hoe klap die deure van my hartskamers toe.

Alleenheid is vir my, om te luister na die stiltes.
Die afwesigheid van klank.
Die niks verwag, net inneem en waardeer, maar ook …
wanneer die stiltes my geroep het
en my in die voue van eensaamheid kom meesleur het,
was dit keer-op-keer ‘n herinnering
aan jare van vasgevang wees
sonder liefde en omgee.

Tog kry ek die moed en nooi iemand in ná jare
Tree-vir-tree stap ons die pad al hoe nader aan my hoof-hartskamer
Sy vul die vertrek volkome.
Dit is asof ‘n diep bekende taal tot my dieper innerlike spreek
en ek laat haar toe om my eensaamheid te genees
Nou is dit ‘n alleenheid wat ons saam kan waardeer
Die stilte. Die afwesigheid van klank. Die inneem en waardeer.
Liefde kom in pare – óf twee heles óf niks.
Daagliks sê ek saggies in ‘n skietgebed ”Dankie!”
vir jou tuiskoms in my hart.

Wat is Hartskamer?

 

Hartskamer is ‘n leefstyl en veelvuldige e-handelplatform waar ons vir ons plaaslike boere, produkvervaardigers, diensteleweraars en kunstenaars die geleentheid bied om mekaar te ondersteun, en ook hul produkte en dienste sigbaar en beskikbaar te maak  vir voornemende kliënte van oraloor.

Hartskamer is ook ‘n holistiese ekosisteem-gemeenskap waarin ons mekaar ondersteun en vernuwend dink om veral boere en verskaffers in die pandemie-tyd te ondersteun en help oorleef.

Ons vind inspirasie uit die plaaslike en die mooi en ons kyk na kwaliteit, kreatiwiteit en geleenthede.

Dalk verlang jy na die veld om jou kampvuur, naggeluide, ‘n jakkalas wat tjank of ‘n rokie wat êrens trek uit ‘n huisie op die vlaktes … Miskien is jy lus om ‘n bok te jag. Dalk is jy net lus vir plaasvars skoonheid, ‘n regte egte Karootjoppie of ‘n Karoo-stoepstorie. Dalk mis jy ‘n plaashuis in die koelte onder ‘n groot bloekomboom.

Hartskamer bied ook ‘n aanlyn-winkel wat bederfbare en nie-bederfbare voedselprodukte van hoë kwaliteit verkoop.

Ons glo in volhoubare boerderymetodes en -produkte wat jou gesondheid en die omgewing bevoordeel.

Hartskamer werk nou saam met plaaslike boere en kleinsakeboerderye en bied jou alles wat jy nodig het, onder een dak te kan kry.

Die

Hartskamer

Gemeenskap

KOM ONTMOET JOU TRIBE

 

By Suid-Afrikaners is daar voortdurend ‘n nostalgiese hunkering na die eenvoud van die plaaslewe, -gewoontes en -gebruike, asook plaasprodukte. ‘n Beskeie plaasopstal is baiekeer al wat mens nodig het om na toe te ontvlug, die gejaagde stadslewe af te skud en al jou varkies weer op hok te kry. Miskien is jy op soek na ‘n lekker plaaskookkursus, of lus vir ‘n rustige wegbreekrit na die platteland? Miskien wil jy iets unieks koop of net gewoon van jou eie inspirasie aan ander bied? Miskien wil jy graag leer hoe om ‘n boerbrood te bak, ‘n vuur te pak, leer oorleef in die veld, of van bome leer? Dalk wil jy baie graag belê in iemand se beeskudde of  ‘n stukkie grond of deel aan iemand se oes, jou eie groente aanplant of selfs blomme kweek? Dalk wil jy net bydra tot ons wonderlike, beeldskone planeet?

Dan is jy by die regte plek om jou stam te ontmoet – ons is byna honderd persent seker dat jy in ons veelsydige gemeenskap sal vind waarna jy soek. Of andersins, wys ons wat jy op hierdie platform kan aanbied.

Kom deel ook aan ons ongelooflike en diverse kultuurstories en -verhale of kom vertel jou oupa se stoepstorie.

  • Hartskamer streef daarna om goeie organiese voedsel- en plaasverwante produkte, asook unieke- gebeurtenisse en plekke en veral interessante mense na jou voorstoep tebring.
  • Ons intensie is om entoesiasme en ‘n liefde vir die plaaslewe, goeie kos en kwaliteit met mekaar te deel.
  • Ons wil hê jy moet jou plaaslike boere en verskaffers ondersteun.
  • Ons poog om jong en opkomede boere oral binne ons landsgrense te bemagtig.
  • Ons wil graag ‘n sinvolle verskil in mense se lewens maak.
  • Ons streef na ‘n spesifieke manier hoe ons wil leef met die dinge waarvan ons hou.
  • Ons poog om verskaffers met eindgebruikers in kontak te bring.

ONS WIL GRAAG HÊ JY MOET DEEL WEES VAN HIERDIE DIVERSE GEMEENSKAP.

Ons

Onderskrywende beginsels

Bewaaring van ons erfenis

 

In Suid-Afrika is bewaring can ons erfenis letterlik deel van ons geskiedenis. Bewaring vsan ons natuurlike erfenis is dus so ‘n deel van die hedendaagse Suid-Afrikaner soos braaivleis en potjiekos. Ons moet waak teen die negetiewe iompak wat die verlies van ons inheemse natuurskatte op ons erfenis sal hê.

HARTSKAMER-BEKENDSTELLING

 

HOE RAAK EK BETROKKE?

Vir enige navrae oor Hartskamer, kontak ons op ons WhatsApp-nommer by 071 311 0424 of stuur ‘n e-pos aan ons by . Dui aan in hello@hartskamer.co.za watter afdelings jy belang stel / betrokke wil raak, en ‘n konsultant sal jou terugskakel.

SLUIT VANDAG NOG AAN BY MY HARTSMENSE SE AANLYN GEMEENSKAP

Hoe gaan dit werk?

Jy sal gebruik maak van ons goedgekeurde platform. My Hartsmense-platform kan enige produk of diens bemark wat verkoop word in ‘n Shopstar-, WooCommerce- of Shopify- aanlynwinkel. Mede-hartsmense sal op ‘n ontdekkingstog vertrek en op die My Hartsmense-platform in die aanlyn winkel kan loer en na hartelus kan koop. Hulle koop nog steeds direk van jou. Jy beheer jou eie voorraad en besprekings en is verantwoordelik vir die aflewering van jou produkte by die kopers.

Wat kos dit?

My Hartsmense™ -platform het ‘n lae maandelikse subskripsiefooi na gelang van die aantal produkte en dienste wat jy wil vertoon. Die platform hou boek van jou verkope en besprekings, en neem ‘n persentasie kommissie op verkope, waarop ons vooraf besluit.

KOM VERKEN ONS HARTSKAMER WÊRELD

Bestaan Uit
Gebring Deur